
=====================================================================
Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K?

  DRIE besonder boeiende sprekers het by die jaarlikse Skrywerskollokwium, wat gerel is deur die Departement Afrikaans en Nederlands van 
die Universiteit van Stellenbosch, hulle gedagtes uitgespreek oor hierdie onderwerp. Dorothea van Zyl beantwoord di vraag na aanleiding 
van 'n universitre kollokwium.   DRIE besonder boeiende sprekers het by die jaarlikse Skrywerskollokwium, wat gerel is deur die 
Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch, hulle gedagtes uitgespreek oor hierdie onderwerp.

Koos Bekker, die hoof van Naspers en 'n oudstudent van die Departement, het daarop gewys dat die boekewreld, in vergelyking met 
byvoorbeeld die selfoonbedryf, maar baie klein is. Nogtans word die boek geensins vervang deur byvoorbeeld televisie of die Internet nie. 
Studies het bewys dat 'n mens veel meer onthou van gedrukte werk as van dit wat jy in die elektroniese media lees. Die boek is ook nie in 
gevaar nie, want boeke is die hart van enige debat oor 'n gemeenskap. Twee uit drie millenniumlyste oor hoogtepunte die afgelope duisend 
jaar noem die uitvinding van die boekdrukkuns as een van die grootste tegnologiese deurbrake.

Dit is opvallend dat, toe Bill Gates besluit het om sy eie verhaal te vertel, hy 'n boek geskryf het. Sommige tekste werk wel beter 
elektronies, soos die Encyclopedia Britannica , wat voortaan waarskynlik net op CD-ROM verkrygbaar sal wees.

Die Afrikaanse boek mag dalk geknou word deur die politiek, omdat sommige politici die Afrikanersamehang wil verbreek en self te lang tye 
in Europa deurgebring het om hierdie taal van Afrika te begryp. Nogtans is daar nie soseer sprake van 'n wil by die regering om Afrikaans 
te vernietig nie. Die belangrikste euwel l by die Afrikaners self. Enersyds voel jong mense vervreem van hul eie identiteit en hul taal as 
gevolg van die Waarheidskommissie se skokkende onthullings. Andersyds gaap daar nog 'n te groot kloof tussen die verskillende 
Afrikaanssprekende gemeenskappe. Naas die belangrike intellektuele rol wat skrywers in die huidige Suid-Afrika speel in die oorlewing van 
Afrikaans, sal hierdie gapings oorbrug moet word en die politieke konsekwensies deurgetrek moet word tot op sosiale vlak.

Tog is daar ook 'n opvallende terugkeer na Afrikaans indien gekyk word na die sirkulasiesyfers van Afrikaanse tydskrifte en dagblaaie. Dit 
is vir mnr. Bekker verblydend dat dit geld vir die verskillende Afrikaanstalige gemeenskappe.

Prof. Louise Viljoen het in haar bestekopname van die hede, verlede en toekoms van die Afrikaanse letterkunde uitgegaan van die digter 
Barend Toerien se boektitel: Illusies, elegie, oorve, transfusies. Van die illusies is volgens haar dat sommige dink dat Afrikaans steeds 
geregtig is op spesiale behandeling binne die nuwe staatkundige bedeling. Afrikaanssprekendes moet nou eerder kyk na watter bydrae die taal 
kan lewer en die Afrikaanse boek moet vindingryker bemark word. Boeke word teenswoordig self dikwels gekenmerk deur die oorgawe waarmee 
illusies geskep word wat ons bewus maak van die werklikheid.

By elegie, wat by Toerien saamhang met 'n oproep van 'n vervlo verlede, het prof. Viljoen verwys na die herskrywing van die geskiedenis, 
die aandag aan randfigure, biografie en parodie in die romans van die afgelope dekades. Skrywers kyk Janusagtig vorentoe deur agtertoe te 
kyk en skryf hulle in die proses los van die vaders se tradisies.

Sy het oorve gemik na diegene wat Afrikaans as op sterwe na dood beskou of te eendimensioneel wil dink. Dinamiese jong skrywers sluit 
hulle aan by die geledere van uitmuntende ouer Afrikaanse skrywers. Daar is gelukkig ruimte vir verskillende moontlikhede en smake, asook 
vir skrywers uit verskillende gemeenskappe.

Transfusies verwys by Toerien na vertalings, wat Afrikaans inderdaad (in die woorde van Kundera) die veilige nes laat verlaat en dit kan 
laat praat by anderstalige forums. Daarnaas kan dit verbind word met die interaksie tussen binnelandse skrywers onderling, met buitelandse 
skrywers en met die wreldkultuur. Nuwe moontlikhede word ook deur die elektroniese media geskep. Haar eie spesmaas, ten slotte, was dat 
die Afrikaanse letterkunde selftevredenheid en vervlakking bestry en die samelewing in die breedste sin van die woord deurskou.

Sonja Loots het die perspektief gestel van jong Afrikaanse skrywers. Sy vind haar generasie minder produktief as byvoorbeeld die Sestigers. 
Is daar nog iets te s? En tog: Onder draai die duiwel rond. Jong skrywers oorskry steeds die grense, byvoorbeeld tussen die gedrukte woord 
en die elektroniese media. Dit help teen die lywige en lomp drukperse wat nie die verskeidenheid stemme kan akkommodeer nie of teen die 
afwesigheid van boeke in boekwinkels. Op die web kan vasgestel word hoeveel mense lees en hoe lank. Die leser het die vryheid om te besluit 
wat hy wil lees, byvoorbeeld van die 1600 webblaaie wat die posie op die oomblik beslaan. Maar gaan dit ooit weer 'n Shakespeare oplewer? 
Die Internet bevry skrywers van beperkinge. Die kanon bestaan nie meer nie -- boeke kan hergeformateer word. Te min word volgens haar in 
Suid-Afrika gedoen vir die boek op die Internet, dit wat sy haar "nuwe liewe, beste vriend" noem.

Uit hierdie groot verskeidenheid perspektiewe, wat 'n lewendige debat uitgelok het by die groot aantal belangstellendes in die gehoor, blyk 
vanself hoe lewenskragtig die onderwerp van Afrikaans in ons tyd is. Juis dit gee hoop vir die nuwe millennium. Dr. Dorothea van Zyl is 
dosent in die Nederlandse letterkunde aan die US.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6411.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

